26
March
2014

Wen Dubbelkaartjies Na Huisgenoot Se Klein Karoo 20 Jaar Pops Konsert

Go Back: News

KKNK

GWM is vanjaar Huisgenoot se trotse wieleborg na die Absa-KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees), een van die land se grootste kultuur feeste. Die ooreenkoms sluit in die verskaffing van 'n vloot van vyf nuwe GWM produkte, insluitend die nuwe C30 sedan, H6 en M4.

"Dis 'n opwindende geleentheid vir ons," volgens GWM produkbestuurder, Hannes Oosthuizen. "Die Afrikaanse gemeenskap het GWM se produkte met ope arms ontvang, en Huisgenoot en die KKNK is ideale platforms om ons nuwe produkte blootstelling te gee.
Ter viering van die ooreenkoms kan GWM ondersteuners kaartjies na die baie gewilde Klein Karoo 20 jaar Pops konsert wen wat op 30 Maart plaasvind. GWM het ses dubbelkaartjies om weg te gee.

Die konsert begin om 19:00 en vind plaas by die Huisgenoot-verhoog op die Oudtshoorn-sportterrein in Voortrekkerweg.
Dié konsert, een van die oudste KKNK-tradisies, word vanjaar nie net afgestof nie, maar nog beter aangebied. Die uitsonderlike skemervertoning bevat liedjies en kunstenaars wat die nostalgie wakker maak, dink maar Laurika Rauch se Hot Gates saam met Karen Zoid, ’n spesiale vertoning deur Nataniël, Sophiatown legendes Dorothy Masuka en Thandi Klaasen met Pata Pata, David Kramer en Kurt Darren se grootste treffers, sowel as ietsie klassieks deur Nianell en Zanne Stapelberg.

KOMPETISIE VRAAG

Noem een van die nuwe GWM modelle wat GWM aan Huisgenoot beskikbaar maak vir die Absa-KKNK.

Om 'n dubbelkaartjie te wen, antwoord die volgende maklike vraag en e-pos jou antwoord saam met jou telefoonnommer aan

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

  1. Bepalings en Voorwaardes
  2. Die kompetisie sluit Vrydag, 28 Maart 2014 om 12:00
  3. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil
  4. Die ses wenners sal lukraak gekies word en gekontak word
  5. Die kies van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie
  6. As jy 'n wenner is, is die kaartjies slegs bruikbaar vir die betrokke konsert by Absa KKNK (2014)
  7. Wenners is verantwoordelik vir eie reis- en verblyfkostes

Categories: News